Monday, December 22, 2008

Ek bring hulde aan my Selina....


Kyk hoe liefdevol is sy met my ma en Shane

Alhoewel my kinders groot is het ek nogsteeds iemand wat nog "kind" is as dit by kerstyd kom!
Nee eindelik is dit erger as 'n kind! Sy weier volstrek om verlof te vat in Desember. Sy neem gewoonlik Januarie of April (Paasnaweek) verlof. Kersfees durf ons ook nie waag om op verlof te gaan nie.


Hier bid Selina vir ons!
Is dit nou nie dierbaar!

Dus sodra die Kersklokke begin lui en Jingle Bells begin speel, is daar nie rus vir hierdie "Mê" nie. Ek moet haar gunsteling Kers cd opsit en ons moet begin koekies bak. Natuurlik moet ek hier ook haar gunsteling koekies bak, sy is mal oor soetgoed!


Kyk hoe gelukkig is sy?
Sy is die vriendelikste en liefdevolste mens!



Sy skryf natuurlik ook 'n briefie vir Santa en die word saam die res van die huisgesin se lysies onder die boom geplaas! Baie erg bederf, maar glo my as ek sê sy verdien dit!

Sy het aangedring om by die engeltjies te staan om ons alles wat
mooi is vir die jaar toe te wens.


5 comments:

  1. Hello Eilandjie en Thea, sy is wonderlik en pragtig!!!

    ReplyDelete
  2. Hoe lyk dit my sy het jou ook in die sak Muriel :-). Dis 'n blessing om iemand te he saam met wie jy lekker kan saamwerk

    ReplyDelete
  3. Sy het ons hele gesin verseker in die sak Sandra. Maar sy het so mooi hart en persoonlikheid mens kan nie anders as om lief te wees vir haar nie!!! Geseënde Kersfees!

    ReplyDelete