Thursday, December 18, 2008

Kersfees probleme




Dis Kersfees en nie in al die huise is daar vrede en liefde oor Kersfees nie.

Ek begin sommer by kinders. Daar is ouers wat vinnig skreeu, "Oe!, Suid Afrika is vol misdaad en ons kinders is nie veilig nie. Ja, ek gee toe, Suid Afrika is vol misdaad. Maar weet jy waar jou kind is? Kyk jy ordentlik na jou kind? 'n Kind is 'n ouer se verantwoordelikheid tot hulle selfstandige ouderdom bereik het. Jou kind se veiligheid is tog veronderstel om enige ouer se prioriteit te wees. Hoekom is daar dan soveel ouers wat dit nie verstaan nie? Daar is dinge wat vir hulle belangriker is as om kinders groot te maak. Ek persoonlik weet van ouers wat op vakansie gaan en hulle tieners alleen by die huis los. My beskeie opinie is dat tieners nog definitief nie selfstandig genoeg is om alleen gelos te word vir so lang tydperk nie. Hierdie ouers moet dan nie skreeu as daar iets met hulle kinders gebeur nie. Hou jou kind veilig en weet waar hy is.

Dan die drinkerbroers. As hulle die woord Kersfees hoor, gaan hulle aan die drink of daar nie môre drank gaan wees nie. Daar is niks wat my so erg irriteer as die onsamehangende gebabbel van 'n dronk mens nie. Veral nie oor kerstyd nie. Ek voel daar is 'n tyd en plek vir alles en Kersfees is nie die tyd om 'n drinkerbroer kompetisie te hou nie! Sommige van hierdie drinkerbroers haal dan ook "bizaar" maniere uit. Dit sal sommer sy/haar vrou verneder en slegsê voor die res van die gaste. Ander weer gaan aan die swets in vreemde tale! Ek weet ook van "Couples" wat mekaar aanrand oor die feestyd! Mekaar fisies verniel! Niks van die liefde en vrede van kerstyd nie.

Grumpy people. Dan kry jy die mens wat oor Kerstyd aan een of ander "ding" ly. Moontlik het hulle die verlange na iemand en is eensaam. Hulle sulk, kla en vind met alles fout. Die res van die gaste word verantwoordelik gehou vir hulle mislukte huwelik of hulle swaar kinderjare. Ek wil definitief nie 'n natkous aan my kerstafel hê nie. Dis die tyd om gelukkig te wees. Probeer om jou probleme vir so paar dae te vergeet en dalkies mag jy net verras wees oor al die liefde wat jy gaan ontvang. En ek het simpatie met hierdie mense, maar kom sien my 'n ander dag oor jou probleme, op die oomblik probeer ek 'n gelukkige Kersfees hou.

Foutsoekerige mense. Die soort ken ons almal. Dis daardie wat met alles in die lewe fout soek. En die snaakste van die hele storie is dat die fout altyd by ander lê en nooit by hulself nie. Hierdie soort mens is erg arrogant en selfgesentreerd. Alles moet om hulle draai en die oomblik as dit nie so verloop nie, wip hulle, hulle en mak dit vir die res almal ongemaklik. Soos bv as hulle nie tevrede is met kersgeskenke of waar die kersfees plaasvind nie. Dadelik word die telefoon opgetel en daar word geskinder en gekla en sodoende veroorsaak hulle moeilikheid nog voor die kersfees begin het. Dit bring my sommer by die volgende punt.

Skinder/agterbakse mense. Hiervan sien ek genoeg in my daaglikse lewe. En dit irriteer my vreeslik. Jy dink iemand is nice en/of oulik tot jy begin snuf in die neus kry. Hierdie soort se donkerkant is baie naby aan die duiwel. Hulle gesels nou net heerlik saam jou en net-nou as jy nie met hulle saamstem of nie na hulle pype wil dans nie dan spring daar die een of ander monster uit! Die soort mens sê ook nie in jou gesig vir jou van die probleme nie. O, nee hulle tel die telefoon op en/of die e-posse vlieg oor die internet drade. Jou ore tuit eindelik soos hulle jou sleg sê en SKINDER!!!! As jy nie by hulle reëlings vir Kersfees wil inval nie, gaan jy die nuwe "talk of the town" wees. Hierdie mens is my grootste frustrasie. Ek soek glad nie hierdie "demone" in my lewe nie. Dis hier waar my donker kant ook gewoonlik uitkom, ek laat nie toe dat hierdie mens met my praat of mingle nie. Hulle moet nie binne 'n 5 meter radius naby my kom nie! Vrouens is hier die grootste sondaars. Dis jammer want ek is ook 'n vrou en wil nie graag bekend staan as die spesie wat die hart uit jou borskas kan skinder nie.

Ek was vroeër vandag beskuldig dat ek in 'n "bubble" of "blinker" lewe. Hellooooooooo???? As jy nie die lewe vir jouself gelukkig maak nie sal niemand anders dit vir jou doen nie. Jy is verantwoordelik vir jou eie geluk. By hierdie een sal jy nooit verby kom nie.

Mense wat my ken weet dat my lewe verseker nie maanskyn en rose is nie. Om die waarheid te sê ek moet elke dag baie hard werk om myself positief te hou. Dit gaan nie vir my help om te gaan sit en "sulk" en "mope" in 'n hoekie nie. Dit bring jou nêrens nie. Dit gaan ook nie help om ander by te kom en jou grille en nukke op ander uit te haal nie. Nog minder gaan dit jou help om ander seer te maak. Ek glo nogsteeds om ander gelukkig te maak is die lekkerste gevoel in die lewe. As dit verkeerd is - so be it!

Natuurlik was ek verbaas en seergemaak omdat 'n gesiglose mense sy/haar eie afleidings maak. Maar my Teddie het my gou reggehelp. Daar sal altyd mense wees wat ongelukkig is met die lewe, wat verkies om altyd die donker in die lewe raak te sien. Ek is net nie so aanmekaar gesit nie. Soos Teddie sê daar is niks mee verkeerd om altyd die mooi en lekker in die lewe en in mense te soek nie en hy sou my nie ander wou gehad het nie. En die HERE alleen weet, dat hierdie eienskappe my redding in die lewe is. En ek moet baie dankbaar wees dat die Skepper my so gemaak het want wragtig ek glo nie ek sou myself kon uitstaan as ek altyd negatief en skoorsoekerig was nie.

Dus Kersfees is vir my 'n tyd van liefde en geluk. Dit is die tyd van samesyn en om jou vyande hulle foute te vergewe, soek die mooi in mense, almal het mooi in hulle as jy regtig baie hard soek. Hierdie is die tyd om fees te vier oor 'n belangrike gebeurtenis. Om mekaar te bederf met klein geskenkies.

Ek is en sal altyd in my "bubble" of "blinker" wil lewe. Mens moet nooit vergeet nie daar is nie net 'n wit en swart kant nie, daar is altyd 'n grys gedeelte. Gun elkeen sy plekkie in die son.

Mag julle 'n Feesgety met baie liefde en vrede hê..... want dit is waaroor Kersfees regtig gaan.

7 comments:

  1. Hi Muriel. Ek stem volkome saam met al jou menings hier en die belangrikste is 'om ander mense gelukkig te maak is die grootste geskenk van almal'. Mooi bly.

    ReplyDelete
  2. Hi Desire, ek hoop dat ek hierdie jaar kersprobleme gaan vryspring! Maar gewoonlik is ons maar baie stil en rustig oor Kerstye.

    Dankie vir die lekker saamkuier gedurende die jaar. Volgende jaar maak ons weer so! Geseënde Kersfees en voorspoed vir die nuwe jaar vir jou en jou geliefdes.

    Mooi bly!

    ReplyDelete
  3. Dan lewe ek ook maar in 'n "bubble" Muriel! Hierdie tyd van die jaar wil ek ook net vrede en liefde beleef! Ek weier ook om toe te laat dat ander mense my geluk steel.

    Dus vriendin - cheers!! Op 'n Kersfees sonder probleme!!

    ReplyDelete
  4. Ek stem saam, dis lekker in die pienk bubble... :-) Mens kies mos om gelukkig en positief te wees en soos die optimistiese tweeling glo dat daar iewers tussen die hoop perdemis 'n ponie moet wees... wees net jouself Muriel... jy is baie kosbaar

    ReplyDelete
  5. Hi Thea,
    Ek het nogal 'n rowwe paar dae beleef. he he
    Dankie vir 'n pragtige vriendskap jy is baie special en dankie dat jy blogging vir my spesiaal gemaak het.
    x x

    Hello Charmaine, ek is soooo jaloers op julle lekker paar dae in die Kaap!! Aan die anderkant jy het die vakansie verdien. Ek kom agter jy werk baie hard. Dankie vir jou woorde Charmaine. Hierdie kommentaar van jou het vastrap plek in my verstand gekry. Dis tyd dat ek my ponie moet soek tussen die hoop perdemis! he he Dankie ook vir jou in my lewe! Jy is altyd so positief en vol lewens blyheid dis aansteeklik!
    x x

    Môre is nog 'n dag en dan is ek weer all smiles en lag. Daar kan ook nie altyd net goeie dae wees nie! he he Ek is naief en glo altyd in die goedheid van die mens, maar word elke keer teleurgestel deur mense wat eindelik nie so vroom is as wat hulle voorgee nie.

    Dankie vir julle twee se positiewe kommentaar ek waardeer dit baie en het dit baie nodig gehad!

    ReplyDelete
  6. Agteros kom ook in die kraal :-). As almal net wil sien dat elkeen van ons elke dag die lewe, as geskenk van ons Hemelse Vader kry, en dat dit ons elkeen se eie verantwoordelikheid is wat ons daarmee gaan maak!

    ReplyDelete
  7. Hi Sandra, ek voel nou weer baie beter. Die snot en trane is afgevee en ek speel weer lekker onder die maan en sterre rond!

    Ernstig nou, Sandra dis so waar, elke dag en eindelik ons hele lewens is 'n geskenk. Ek verkies om myne in 'n bubble te lewe en het baie hieroor nagedink die afgelope paar dae. Ek wil dit nie anders hê nie en my geliefdes wil dit ook nie anders hê nie.

    Ek is gelukkig met en in myself en dis oorgenoeg.

    Ek gaan so bietjie wegraak want die lewe het my alweer gewys mens moet nooit sommer net blindelings vertrou nie. Mense is nie almal so mooi in die hart nie. Agter die skerms is hulle altyd besig om die kakiebos en onkruid voeding en water te gee om ons besig te hou!
    En dis sad!!! :(

    ReplyDelete