
As soon as the children are snuggled up tight
And have sleepily murmured their wishes and prayers,
Such fun as goes on in the parlour downstairs!
For Father, Big Brother, and Grandfather too,
Start in with great vigour their youth to renew.
The Grown-ups are having great fun - all is well;
And they play till it's long past their hour for bed.
They try to solve puzzles and each one enjoys
The magical thrill of mechanical toys,
Even Mother must play with a doll that can talk,
And if you assist it, it's able to walk.
It's really no matter if paint may be scratched,
Or a cogwheel, a nut, or a bolt gets detached;
The grown-ups are having great fun - all is well;
The children don't know it, and Santa won't tell.
Hierdie gedig is eindelik so waar, terwyl ek geskenke toedraai, bekyk en snuffel ek eers alles.
Ek is klaar met my kersinkopies maar dood moeg. Natuurlik moes ek"Ouma" ook help om kersinkopies te doen.
Ek is nog besig om alles toe te draai, maar die plek word soos julle kan sien nou effens min en ek sal moet gaan soek vir nog 'n houer. Ek sit die geskenke in houers of mandjies want daar is altyd iets wat breekbaar is.
Soos julle kan sien is daar nog 2 gesinne se geskenke wat afgelewer moet word. (Die in sakke) Ella se geskenke is die een in 'n mandjie, ek is nog besig om die res van haar gesin se geskenke toe te draai. Ons gaan vanmiddag 'n vroeë kersfees by Ella hulle hou! Lekker nê? Dit gaan beter met haar maar dis te verstane dat sy baie swak is!
Is julle al klaar met julle kersinkopies? Die winkels is 'n miernes! Praat van geduld. Hierdie is 'n storie wat jou geduld tot die uiterste beproef! Veral as jou ma in die mall wegraak omdat die mooi goed haar weglok! Dit vat meer tyd om haar op te spoor as wat dit neem om geskenke te koop! whahahaha Maar hierdie tyd van die jaar is ek nogal baie geduldig en as ek nie is nie, dan hou ek my maar geduldig en in toom! OF sal dit beter klink as ek sê ek probeer!
Muriel
Vriendin, ek glo jou as jy sê jy's moeg! Genade jy shop al weke lank! Daai ding met geduld het ek ook agter gekom die laaste keer wat ek in die winkels was! Veral as die ma's al die kinders saamvat winkels toe!! Maar ek probeer ook maar soos jy om meer geduld toe te pas en vaar nogal nie te sleg nie!
ReplyDeleteOns wou hierdie jaar vir die kinders geskenke koop i.p.v. geld gee, maar toe ek vir hulle vra om vir my lysies te maak het hulle al drie gesê hulle verkies kontant! Maak dit natuurlik baie makliker vir ons! My ma het altyd vir ons gesê: "Geld groei nie aan bome nie!" - wel hierdie jaar gaan geld aan bome groei - aan die Kersboom, netjies opgehang in 'n mooi, klein koevertjie!
Hi Thea vriendin ek gaan ook volgende jaar geld aan bome begin groei! he he Dit gaan dit soveel makliker maak!
ReplyDeleteDink jy ek sal vir die familie en vriende ook so koevertjie kan gee? whahahaha
Ernstig ek is heeltemal gedaan! Ons het vandag by Ella hulle gekuier,(sy wou my sien, en dit nou as sy veronderstel om te rus en sterk te word) sy is nog glad nie gesond nie maar sal dit nooit erken nie. Hulle gaan volgende week met verlof hopelik sal die vakansie haar goed doen!
Ek spring vanaand saam die hoenders in die bed. Ek het vandag uitgebraai van die hitte! Jy kon 'n eier met my gaar maak! he he
Mooi bly!!!